Ek het hierdie stukkie van n manne groepie ontvang, en dit het my so geraak! Is dit nie so mooi manier om daarna te kyk nie? Alle erkenning aan die skrywer wat onbekend is: PADKAART NA DIE HEMEL Een Maandag kry 'n man sy dominee in die dorp. "Dit was 'n baie goeie preek wat u gister oor die Hemel gehad het" sê hy "maar u het nooit vir ons gesê waar die Hemel nou eintlik is nie" "Het ek nie?" vra die dominee, "dan sal ek jou sommer nou daarheen beduie. Sien jy daardie woonstelblok?" - Die dominee wys na 'n verwaarloosde gebou op die hoek van die straat, "In woonstel nommer elf is 'n gesin wat baie swaar kry. Gaan koop vir hul 'n pakkie vleis, brood en melk. Neem dit vir hulle en sê dat jy dit in Jesus se Naam bring" "Vra ook of jy vir hulle Psalm 23 kan lees en vir hulle kan bid. As jy dit gedoen het en jy voel of jy nie in die Hemel was nie, sal ek jou elke sent terugbetaal wat jy spandeer het" Die volgende dag klop die man aan die pastorie se deur. "Dominee," sê hy met ñ stralende gesig "ek was gistermiddag in die Hemel!. Ek wil u net graag bedank dat jy my daarheen gestuur het. - Ek besef nou dat die Hemel nie net 'n plek is waarheen die Here se kinders eendag sal gaan nie, maar dat ñ mens reeds Hemelse vreugde op aarde kan hê!" "Kom binne" nooi die dominee hom in - "Ek wil jou 'n teksvers wys, wat ek in my beursie bêre. Dis die padkaart na Hemelse vreugde" Op die kaartjie wat die dominee uithaal, is Spreuke 11vers25: "Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê, wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is" "Dis baie waar" sê die besoeker, terwyl hy dit in sy nota boekie skryf. - "Toe ek gister die arme mense se vreugde oor 'n bietjie kos sien, het my beker van vreugde oorgeloop!" "GIVE without Remembering and RECEIVE without Forgetting!"⭐️